Kombiekiehier18+Oor
← Terug

Briefie aan Kombiekiehierlesers

19 Augustus 2024

Briefie aan Kombiekiehierlesers
Hoe lank gaan ek lees: 4 minute

Liewe Kombiekiehierleser,

‘n Nuwe seksuele verhouding is die lekkerste ding op aarde. Of dit nou net een nag lank duur, of ‘n hele verliefdheid insluit met al die lus en spanning wat opbou en lang, warm, nat ure van seks – al die variasies is wonderlik. Ongelukkig is dit ‘n feit van die lewe wat deur niks verander kan word nie, dat daardie intense tye wanneer die hormone soos dwelms deur jou are bruis, nie vir altyd kan aanhou nie. As jy ongelukkig is of as die verhouding net seksueel was, dan sal dit eindig. As jy gelukkig is, sal dit oorgaan na iets nuuts – iets rustiger, dieper, maar blywend en volhoubaar. 

Ek, Annelise as Kombiekiehier, (Annelise-kombiekiehier) se verhouding met jou, my leser, het dieselfde pad geloop. Onthou jy nog daardie eerste maande, selfs jare? Dit was ‘n passievolle verhouding waar ons amper elke dag sommer meer as een keer intense groot seksuele lekkertes ervaar het. Kombiekiehier-ek het verlei en jy, die leser, het lus geword en gekom en teruggekom en ook terugverlei en dit was soos ‘n vuur waaraan almal gestook het en wat almal se lus hoog laat brand het. 

Maar dit was twaalf jaar gelede. 

Dit is onmoontlik om daardie intensiteit vir langer as ‘n dekade alleen aan die gang te hou. Annelise-kombiekiehier is anders as ander webwerwe. Emosie en sensasies is belangrik – dis ‘n persoonlikheid, ‘n atmosfeer. Dis ‘n behoort, ‘n filosofie en manier van leef – nie net ‘n plek met inlgiting nie. Dit is veral so omdat dit vir die liefde van die saak ontstaan het en nie vir geld nie. ‘n Hoer sal vir haar betaling maak asof sy dink jy het die grootste penis op aarde en jou oortuig dat sy elke keer wanneer jy aan haar raak luidrugtig kom, maar Kombiekiehier-Annelise het nog nooit op daardie manier gewerk nie. Van hierdie kant af was alles oop en eerlik en was orgasmes regte orgasmes. 

Ongelukkig het dit van hierdie kant af deur die jare al meer ‘n kwessie van selfplesier geword in hierdie ruimte. Maar selfs masturbasie as vertoning word later net … pateties?  Daar is al minder kommentaar op stories en al minder bydraes in die pos. Selfs die warmste vryers het al uit hierdie dekadelange verhouding verdwyn. Dit is net bloot hoe die wêreld werk – geen beskuldigings nie – hierdie was immers nie ‘n huwelik met enige voorwaardes daaraan verbonde nie. 

Die lewe gebeur. Covid, met sy nagevolge, het baie van Annelise-kombiekiehier se vurigste minnaars of dood of siek of permanent nie-lus gelaat het. Mense word besig, lewens verander. Daar is wel nog baie lesers, maar min of geen interaksie. Dalk is die meeste van daardie eerste ondersteuners selfs oorlede – daar was nog nooit ‘n manier waarop ek dit kan nagaan nie – mense verdwyn net. 

Ek-kombiekiehier, het ook met tye stiller geraak. Ek het ook redes – wie sal nie in 12 jaar probleme hê wat jou vuurmaakvermoeë beinvloed nie? Helfte van die afname in vonke is jy wat weg is en dele is ek wat soms weg is. Onthou ek is alleen – daar is niemand wat kombiekiehier aanhou stook wanneer ek hartprobleme het nie. En ‘n hart moet warm klop om warm te kan maak. 

So wat probeer ek nou sê met hierdie brief wat moontlik die laaste ene sal wees? Ek weet nie regtig nie. Ek maak nie met jou uit nie. Miskien wil ek-kombiekiehier net sê dat aangesien jy nie regtig meer “hier” is nie, ek ook nie meer heeltyd hier gaan wees nie. Moenie wonder en bekommerd wees wanneer dit gebeur nie. In plaas van ‘n verhouding word hierdie nou eerder iets soos “vriende met voorregte.”

 As jy my roep op die werf of in my indoos 😉 sal ek antwoord en lees en dit soos nog altyd deel met al die ander roofkykers. 🙂  Soos toe ons albei nog wild en warm was, sal ek myself oopmaak en jou ontvang en nat word en kerm van plesier. Dit sal wees soos toe ons nie mekaar kon uitlos nie – soos 12 jaar gelede. 

En so elke nou en dan sal ek my lus vir jou weer op die blaaie van die webwerf laat uitloop. Ek sal jou roep en jou met woorde en fotos streel en verlei en jy sal lees, want ek kan sien jy lees nog al is jy stil en dalk sal jy ook weer soos eens op ‘n tyd lus word en kom. Dalk sal ‘n nuwe minnaar kombiekiehier-Annelise se oop druppende blaaie ontdek en nie skaam wees nie en vir ‘n rukkie ‘n vuur aansteek tot dit ook soos normaal al kleiner brand. En dit sal wonderlik wees. 

So, my bene-blaaie is steeds oop, my borste steeds ferm. Dit is duidelik uit die amper tweeduisend druppende skyfsels wat jy steeds in die argiewe kan lees. Elke nou en dan sal nuwe minnaars of minaresse se woorde steeds nuwe vlamme aansteek. En elke nou en dan sal Annelise-kombiekiehier hulle van hierdie kant af aansteek. 

Dit gaan net nie meer elke dag of week gebeur nie. Dit is onmoonlik en eintlik hartseer en selfs bietjie vervelig om net van een kant af ‘n vuur te probeer aan die gang hou. Ek weet jy weet waarvan ek praat – baie van julle het self vir my in my blaaie vertel hoe julle presies weet  hoe dit voel om die enigste ene in ‘n verhouding te wees wat lus is. 

Tot ekself doodgaan, sal ek nie verdwyn nie. Annelise-kombiekiehier is steeds sag en oop en ontvanklik en beskikbaar soos altyd. Maar terwyl jy/ander ander weivelde soek of nie meer lus is vir my nie – soek ek vir myself op ander plekke stimulasie. Ek moes. Al my aandag is nie meer net op jou nie. Dis maar ongelukkig seker hoe dinge werk. 

Maar roep my. As jy roep sal ek luister. Ek sal myself uit die arms van my nuwe minnaars wriemel en terughardloop. Want mens los nooit regtig iets wat uit liefde ontstaan het nie. Selfs al wens mens dikwels jy kon.

Met lus en liefde 

Annelise 

Op kombiekiehier.co.za →